Vigilante optrede onnodig, maar sterk boodskap in Senekal uitgestuur #BrendenHorner
Loading player...
Le Roux, sê hy was deel van 'n groep boere wat betrokke geraak het by die koördinering van die verwagte massa mense wat aangedui het hulle gaan opruk na Senekal, nadat boere van plaaslike landbou-organisasies op sosiale media gesien het dat daar 'n groot opkoms gaan wees. Daar is toe besluit dat al die betrokke landbou-organisasies byeen moet kom en 'n koördinerende rol moet speel, want sou mense in Senekal opdaag sonder 'n mate van koördinasie, sou dit in ghaos ontaard het. Hy sê daar is goeie skakeling met die plaaslike polisie wat toe genader is deur dié groep boere.
Le Roux sê hulle het 'n groot getal mense verwag, maar is steeds verbaas oor die goeie opkoms. Sy indrukke van dié dag is, dit is duidelik dat die landbougemeenskap genoeg gehad het. Dié boodskap is tydens die grootste gedeelte van die dag reg oorgedra. Volgens hom was die grootste gedeelte van die dag 'n sukses met mense wat hul boodskap duidelik met onder meer plakkate en baniere uitgebeeld het en in die algemeen is goeie terugvoer ontvang.
Hy sê dit is hartseer dat 'n klein groepe mense hand uitgeruk het, veral nadat die vreedsame verrigtinge afgesluit is. Daar word besef dit is 'n moeilike situasie met die bestaande woede onder mense. Le Roux sê die polisievoertuig wat omgekeer is deur 'n groep mense het plaasgevind nadat dié einste voertuig na bewering mense wou raakry. Daarmee saam voer die polisie aan dat skote deur boere afgevuur is. Dit is onwaar, sê hy. Polisielede self het waarskuwingskote afgevuur en geen boere het op niemand geskiet nie. "Dit is betreurenswaardig dat dit gebeur het, en ons het dit probeer verhoed maar ja. " Daar is skade aangerig, maar die polisie het die situasie goed hanteer, hulle het beheersd opgetree en die situasie is suksesvol ontlont en almal is huis toe.