Vrystaat landbou moedig deelname aan veiligheidsopleiding aan
Loading player...
VIR DIE WEB: Le Roux vra gemeenskappe om betrokke te raak by dié opleidingsessies wat ten doel het om gemeenskappe op te lei om gevaarsituasies te hanteer wanneer hulle hulself daarin bevind.
Hy sê daarmee saam moet gemeenskappe besef dit is 'n groot uitdaging om 'n doeltreffende uitslag (oplossing) te kry wat die hele situasie rondom moorde op plase en kleinhoewes kan aanspreek. Dit is nie 'n maklik proses nie, maar VL in samewerking met die polisie se plan met die opleidingsessies kan waardevol wees.
Daar is reeds in Augustus begin met die beplanning daarvan, en onderhoude met betrokkenes is gevoer in 'n poging om vas te stel hoe dié plan in werking gestel kan word. Dit behels die betrokkenheid van alle gemeenskappe en nie slegs landbougemeenskappe of lede van dié organisasie nie. Hulle gaan deel wees van 'n tipe opleidings- en bewusmakingsproses, wat daarop gemik is om gemeenskappe meer weerbaar teen die aanvalle in landelike gebiede, te maak.
Le Roux sê die instelling van dié plan vorder goed, maar gemeenskappe moet besef hulle is self verantwoordelik vir hul veiligheid. Hulle moet hulself weerbaar maak en verantwoordelikheid neem. Gemeenskapsbetrokkenheid is die sleutel woord, want dit is belangrik dat mense weerstand kan bied in situasie waarom hul lewens bedreig word. Juis daarom is die opleidingsessies waardevol.
Hoe om betrokke te raak?
Hy sê in elke distrik is daar landelike sekuriteitsmaatskappye wat betrokke is by die opleidingsplan. Sou mense betrokke wil raak en deel daarvan wil wees, moet hulle met die onderskeie veiligheidsverteenwoordigers in hul onderskeie gebiede in verbinding tree. Daar word beplan om vroeg in Januarie met dié opleidingsessies te begin, terwyl daar reeds met verskeie organisasies ooreengekom is oor hul betrokkenheid in terme van die aanbied van die opleidingsessies.
Le Roux sê sodra 'n mens die veiligheidskursusse voltooi het, is hulle geakkrediteerde lede en ontvang sertifikate vir die opleiding. Dié opge