Daar bestaan positiewe en negatiewe aspekte oor die vrystelling van staatsgrond #AgriSA

Loading player...
Crosby sê daar is verskeie postiewe punte met betrekking tot dié langverwagte proses. Dit sluit in sprake van 'n huurkontrak van 30-jaar vir begunstigdes van dié toegekende grond met 'n opsie om dit te kan koop. Volgens haar voer dié organisasie al vir jare aan dat indien die regering grondhervorming wil laat geskied, moet daar eerstens op staatsgrond gefokus word.

Nog 'n positiewe punt is dat die landbouminister, Thoko Didiza, verlede week tydens die bekendmaking van die regering se plan om dié grond vry te stel, gesê het dié proses gaan nie slegs by die beskikbaarstelling van staatsgrond bly nie. Ondersoek gaan ingestel word na ander staatsgrond wat beset word. Dit gaan behels wie die mense is wat op daardie grond werksaam is en wat die bedrywighede is wat daarop plaasvind. Dit is iets wat verwelkom word, sê Crosby.

Daarmee saam is dit ook postief dat die staat reeds vanjaar, ondanks die Covid-19-pandemie, meer as 135 100 hektaar staatgrond aan 275 boere beskikbaar gestel het. Die pandemie het groter hongersnood en werkloosheid veroorsaak en daar is kommer by Agri SA oor die impak van dié pandemie op landbou, maar om gemeenskappe te help om hul eie kos asook iets vir die mark te produseer met die beskikbaarstelling van staatsgrond, bring lig aan die eiende van die tonnel.

Crosby sê dit is goed dat die staat onderneem om grond beskikbaar te stel, maar daar is in 'n mate kwessies wat kommer wek in dié verband. Korrupsie in regeringskringe en spesifiek die landboudepartement is een daarvan.

Nog 'n punt is die feit dat mense wat die toekennings van staatsgrond gaan hanteer almal regeringsamptenare is.

Die distriksgrondhervormingskomitees waarop georganiseerde landbou nie meer dien is, is nie 'n goeie sitsuasie nie, want die private sektor kan in dié verband 'n noodsaklike rol speel in die seleksieproses van begunstigdes aan wie grond toegeken word.
Sy sê die staat het ook 'n slegte baanrekord as dit kom by die bestuur van kontrakte. Crosby verwys
5 Oct 2020 12AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes