Proaktiewe optrede deur polisie word benodig na moord op jong Vrystaatse boer
Loading player...
Hy sê sedert 2011 toe die eerste landelike beveiligingsstrategie bekendgestel is,was daar weinig vorderdering tot nou gewees. Daar is uitsonderings, met toestande wat verbeter in sekere gebiede ten opsigte van die veiligheid van landbougemeenskappe.
"Ons sal graag wil sien dat die polisie meer doen en nou na die grondvlak beweeg en 'n daadwerklike verskil maak."
Esterhuyse sê die inhegtenisneming van Horner se vermeende moordenaars is goed en daar is groot dankbaarheid vir dié spoedige reaksie van die polisie, maar dit moet ongelukkig in gedagte gehou word dat dié polisie-optrede reaktief was. Proaktiewe optredes is nou van groter belang. "Dit is waarop die nuwe hersiende landelike beveiligingsstrategie ingestel word." Voorkoming van dié aanvalle is nodig.
Esterhuyse sê twee plaaswerkers is in nog 'n voorval in die Welkom Hennenman gebied die afgelope naweek op 'n plaas aangeval. Een van die slagoffers was buite sy huis is aangehou deur rowers, hulle het hom gedwing om aan 'n ander plaaswerker se deur te gaan klop. Toe die ander werkernemer die deur oopgemaak het is hy in die been gewond. 'n Vrou is ook in die huis in die bors gewond. Albei die gewonde slagoffers ontvang behandeling in 'n hospitaal in Welkom.
Hy sê voorvalle van dié aard laat vrae soos of dit nie intimidasie is op boere, plaaswerkers en die landboubedryf in geheel nie? Daarom word daadwerklike optrede deur die polisie nou geëis.)