Paul Roux-plaasmoord: Kalmte nou nodig
Loading player...
OFM-nuus het verneem dat Horner, Donderdagaand moontlik na 'n pompstasie is op die plaas waar hy gewerk het, toe hy wreed vermoor is. Hy het Donderdag by sy pa Robby op 'n buurplaas gaan kuier waarna hy huis toe is, maar nooit daar opgedaag het nie. Le Roux wil nie veel uitwei oor die gru-toneel nie, en sê dit is 'n "gesig" wat enige mens eerder wil vermy.
Hy sê dit is te verstane dat gru-voorvalle van dié aard lei tot woede onder gemeenskappe. Dit is egter belangrik dat mense nou kalm moet wees en nie toelaat dat hul emosies die oorhand kry nie, want dít is wanneer mense aksie wil neem sonder om die gevolge daarvan in ag te neem, wat tot spyt kan lei. Ondeurdenkte optrede kan gemeenskappe duur te staan kom.
Daarmee saam moet gemeenskappe besef dat dit 'n groot uitdaging is om 'n doeltreffende uitslag (oplossing) te kry wat die hele situasie rondom moorde op plase en kleinhoewes kan aanspreek. Dit is nie so maklik nie, maar VL het egter 'n plan in sy visier met betrekking tot die veiligheid van gemeenskappe. Daar is reeds in Augustus begin met die beplanning daarvan, met onderhoude wat met betrokkenes gevoer is in 'n poging om vas te stel hoe dié plan in werking gestel kan word. Dit behels die betrokkenheid van alle gemeenskappe en nie slegs landbougemeenskappe of lede van dié organisasie nie. Hulle gaan deel wees van 'n tipe opleidings- en bewusmakingsproses, wat daarop gemik is om gemeenskappe meer weerbaar teen die aanvalle in landelike gebiede, te maak. Dié opleidings- en bewusmakingsplan word in samewerking met die polisie, slegs in die Vrystaat gedoen.
Hy sê die instelling van dié plan vorder goed, maar gemeenskappe moet besef dat hulle self verantwoordelik is vir hul veiligheid. Alles begin by mense self. Hulle moet hulself weerbaar maak en verantwoordelikheid neem. Gemeenskapsbetrokkenheid speel hier 'n reuse rol. Dit is belangrik dat mense weerstand kan bied in situasie waar hul lewens bedreig word, en daarom is opleiding in dié verband van groot