#Kunsteklop: Die eerste Vrystaat Klank en Klassik vanjaar aanlyn

Loading player...
Sluit vanaf 1 Oktober by ons aan vir die eerste Vrystaat Klank en Klassik – ‘n nuwe aanlyn inisiatief van die Vrystaat Kunstefees.

Word weggevoer deur van Suid Afrika se beste klassieke musici, in 5 opwindende konserte, elk ingelei deur nuutgeskrewe verbeeldingstories, en dit alles in die gerief van jou eie sitkamer.

Met uitvoerings deur Anneke Lamont, Magdalene Minnaar, die bekroonde Odeion-strykkwartet, die FFSO, die OSM Camerata, en nog vele meer, begelei met voorlesings uit die pen van skrywers soos Jaco Jacobs, Nàomi Morgan, en Ilne Fourie – voorgedra deur Gerben Kamper, Nosana Sondiyazi, Jefferson J Dirks-Korkee, en Hillétje Möller Bashew.

Konserte is aanlyn beskikbaar, elke dag van 1 tot 5 Oktober. Daar is ook daagliks ‘n interaktiewe Facebook Live gesprek waar jy direk met die kunstenaars in verbinding kan tree. Kaartjies is vooraf beskikbaar aanlyn by vrystaatkunstefees.com
1 Oct 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Vrystaat Kunstefees 2026: Mme We

Yolanda Maartens gesels met Sibahle Mabaso gedurende die Kunsteklop. MME WE! is ’n aangrypende en intieme teaterwerk wat delf in die kompleksiteite van ’n moeder-dogter-verhouding soos gevorm deur stilte, veerkragtigheid en generasie-verlange. Dit speel af in die intieme ruimte van ’n gesinshuis. Die produksie ontvou deur ’n ryk wisselwerking van…
9 Jun 5 min

NWU Gallery invites you to see art that not only reflects, but restores

Curator at the NWU Gallery, Sheryl Msomi joins Yolanda Maartens in the OFM Art Beat to talk about the latest group exhibition hosted in Potchefstroom. The 1976 youth uprising is 50 years ago this year and this exhibition brings together a reflection on the past through the lens of today’s…
21 May 4 min

Mbuso Hlongwa no longer has to prove anything in latest solo exhibition at Oliwenhuis

Oliewenhuis Art Museum presents Uhambo Lwemi Moya (The Journey of My Spirit), a solo exhibition by South African artist Quincy Mbuso Hlongwa. This exhibition presents a compelling body of figurative paintings that explore themes of identity, personal reflection, and the emotional landscapes of contemporary life. Mbuso joins Yolanda Maartens in…
19 May 4 min