
Dr Johnny van der Merwe bespreek die nuutste kommoditeitspryse
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe van die NWU en Hoofuitvoerende beampte van AMT gee vandeesweek se kommoditeitspryse. Die gemiddelde speenkalfpryse styg steeds en die Oos-Vrystaat lyk of hulle die beste pryse gekry het. Stoorlampryse het skerp gestyg veral in die Noord-Vrystaat. Dit was amper 30-40 % beter as verlede jaar in die ooreenstemmende tyd. Hoender se pryse styg ook steeds en varkprodusente het ook goeie nuus gekry, asook bokpryse. Wolpryse en aartappels se pryse het verder gestyg die afgelope week.