
Nuus van renosters en olifante.
Loading player...
Botswana het besluit om weens die gebrek aan toerisme, as gevolg van die Covid-19 pandemie, die oorblywende swartrenosters uit die Okavango-delta na veiliger gebiede te verskuif. Van die 20 swartrenosters wat nog oor was, is 6 gedurende Maart vanjaar uitgewis en die regering is genoop om die res na veiliger plekke te verskuif. Uit Knysna word berig dat Oupoot, ‘n 46-jarige olifantkoei, die enigste olifant is wat op kamerategnologie vasgevang kan word, al word daar beweer dat die olifantbevolking meer is in hierdie gebied.