
Kenner praat oor uitvoer van lewendige diere
Loading player...
Dr Frikkie Mare van die Universiteit Vrystaat, gee sy menining oor die uitvoere van rooivleis en hoe die mark gestimuleer kan word. Volgens hom het die uitvoer van lewendige diere na oorsese lande vir groot omstredenheid gesorg en bly dit ‘n sensitiewe saak. Die diereregte-organisasies het die uitvoer van lewendige diere veroordeel en die uitvoermarkte bly maar sensitief. Die konsep van nasporing, van plaas tot eindverbruiker, bly belangrik. Hoe diere hanteer word, gaan bepalend wees vir die sukses vorentoe.