
Dr Johnny van der Merwe gee die week se jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe praat oor die jongste kommoditeitspryse en daar is steeds goeie tekens vir die gemiddelde speenkalfprys. Slagpryse van voerkrale het ook gestyg. Volgens Van der Merwe het beesvleispryse goed gestyg die laaste maand, hoofsaaklik omdat daar steeds meer vraag as aanbod bestaan. Sterk plaaslike en internasionasionaal aanvraag is aan die orde van die dag. Hy meen daar is egter baie onsekerheid na die einde van die jaar toe. Varkpryse styg steeds en kan ook so bly tot die einde van die jaar. Bokpryse en wolpryse het opwaarts beweeg.