
PM gesels met ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou
Loading player...
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Hy vertel van die toekoms van biologiese landbou in Suid-Afrika en gee wenke vir landbouers om te begin daarmee. Cloete verwys ook na die toetse en navorsing wat in laboratoriums gedoen word en hoe probleme aangespreek word en oplossings gevind word. Volgens Cloete is dit veral die aartappelbedryf wat tans probleme ondervind en hy verwys na die Sandveld waar tot 30% verbeterings plaasgevind het met biologiese oplossings.