
Agri-Uur: 16 September, Toit Wessels
Loading player...
Vanjaar se besonderse Nampo virtuele-handelskou het verskeie hoogtepunte gehad, maar die reuk van sosaties op die vuur was nie daar nie. Dit is volgens Graan SA se Toit Wessels. Dié handelskou het aanlyn afgeskop op 9 September met verskeie sprekers en opvoerings om kykers te vermaak. Hierdie vier-dae lange virtuele ervaring was ‘n eerste vir die bedryf. Wessels sê hulle is trots op die aantal besoekers wat dié gebeurtenis bygewoon het. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gesels.