
PM gesels met Ferdie Botha, die Uitvoerende Hoof van die rosyntjiebedryf
Loading player...
Ferdie Botha is die Uitvoerende Hoof van Raisins SA wat die rosyntjiebedryf van Suid-Afrika verteenwoordig. Die bedryf het veral in die afgelope tyd groot hoogtes bereik en Botha verduidelik die redes vir die goeie posisie waarin hulle hulself bevind. Raisins SA produseer hoofsaaklik vir die uitvoermark. Botha verduidelik ook wat die organisasie doen om opkomende boere in die bedryf te bemagtig en te vestig. Volgens hom is die bedryf baie opgewonde oor hul huidige projekte en vooruitsigte.