Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Laubscher meen van die grootse moontlike risiko’s, wat sy kop kan uitsteek noudat daar meer bewyse is dat die verspreiding van die koronavirus beter bestuur kan word en onder beheer blyk te wees, is die traagheid om verder aan te pas. Hy sê dit is duidelik dat ‘n nuwe normaal aan die orde van die dag is wat vanuit verskeie perspektiewe verduidelik kan word. “Die uitdaging is egter om die tempo waarteen aanpassings, tydens die pandemie gemaak moes word, vol te hou, deur onder andere te verhoed dat almal weer verval in die gemaksone van besigheid soos altyd,” sê hy. Die traagheid waarna hy verwys ontstaan veral by beleidmakers, in besonder in die landbousektor, om tred te hou met veranderings, wat die afgelope vyf maande plaasgevind het. Dit is moeilik vir hulle om weer planne aan te pak wat voor die uitbreking van die virus aan die orde was.

Laubscher sê verder boere, en die openbare landbousektor, is slagoffers van die uitwerking van die Covid-19-pandemie. Hy verduidelik dat veilige en bekostigbare kos tydens die pandemie bekikbaar was, maar voeg by dat die jongste statistieke toon “dat kosinflasie meer gestyg het as normale inflasie en dat dié toedrag van sake genoem word as een van die drywers van hoër inflasie.”



Hy sê boere moet in pas bly met veranderde verbruikerspatrone terwyl beleidonsekerheid ‘n kwessie bly.



Laubscher dui verder aan dat die veerkragtigheid waarmee voorsieningskettings tydens die pandemie aangepas het, ‘n aanduiding is van ‘n unieke verstaan van die uitdagings. Inteendeel, volgens hom, is daar bewyse van beleid blokke wat negatief ingewerk het op wat die landbou eintlik kon lewer en bydra.

Hy sê die “nuwe” plaas gaan ‘n ander appèl hê op die menslike hulpbron vermoë. “Bo en behalwe noodsaaklike aanpassings by produksie is daar nuwe voldoeningsvoorwaardes van toepassing anderkant die plaashek.
9 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes