
Dr Johnny vd Merwe verskaf die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, voorsitter van AMT, gee vandag die week se jongste kommoditeitspryse deur. Volgens hom het speenkalwers se pryse redelik konstant gebly en die noordelike streke het baie dieselfde gebly, terwyl die Wes-Kaap gedaal het. Uitvoermarkte is nog nie terug na normaal nie as gevolg van buite faktore. Gevriesde hoenderpryse het skerp gedaal, terwyl varkpryse goed gedoen het, wat goeie nuus vir die industrie is. Bokpryse bly steeds baie hoog as gevolg van die goeie aanvraag.