Bloemfontein gemeenskappe kry vars groente danksy goeie spanpoging deur landboubetrokkenes.

Loading player...
Die Mike Loutfie stigting saam met die RSA-markagentgroep het hande met Agri SA gevat om voedseltekorte weens die Covid-19-pandemie in die land aan te spreek. Dié samewerkingsooreenkoms kom nadat Agri SA, 'n R1 miljoen skenking by die kunsmisgroep, Yara Africa, ontvang het, om dié nood te verlig. Dié inisiatief het ook onlangs in Bloemfontein hoop gebring toe kospakkies aan geselekteerde begunstigdes uit plaaslike gemeenskappe geskenk is. Dié pakkies met vars groente is by die Bloemfontein-mark aan verskeie welsynsorgansiasies verskaf. OFM-nuus het dié geleentheid bygewoon waar daar ook 'n groenteprojek by die Kopano-sentrum vir gestermdes van stapel gestuur is. Tonnels met aangeplante groente is opgerig. Vrystaat Landbou (VL) was betrokke en het ie begunstigdes uitgewysm wat hulp benodig. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die bedryfsbestuurder van VL, dr. Jack Armour gepraat...
8 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes