
PM gesels met Wim Venter van Nampo oor die Virtuele Nampo Skou wat volgende week plaasvind
Loading player...
Wim Venter van Nampo vertel van die unieke Nampo Virtueel wat volgende week gaan plaasvind. Dit sal die eerste Skou van hierdie aard vir Graan SA en Nampo wees, nadat Nampo Kaap in Bredasdorp en Nampo Bothaville afgelas is as gevolg van Covid-19. Die skou vind plaas vanaf 9-12 September en aanlyn is gratis. Besoekers kan registreer op die webblad Nampovirtueel.co.za.