
Die Veeplan-projek is waardevol vir produsente se kuddegesondheid
Loading player...
Die Veeplan-projek, waarby dr. Danie Odendaal, 'n bekende in veeartsgeledere, fokus op beplande gesondheid en produksiebestuur is baie belangrik, veral omdat siektebeheer in Suid-Afrika relatief buite beheer is. Odendaal, ook die direkteur van Veearts Netwerk, sê dié projek is van stapel gestuur in samewerking met Sussex-telers. Dit is daarop gemik om produsente sover te kry om nou saam met 'n kuddeveearts te werk. 'n Jaarlikse kuddegesondheidsprogram moet opgestel word, waarna die boere op 'n veeregister geplaas word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Odendaal gepraat oor dié projek...