
Betrokkenheid by veiligheidstrukture van groot belang, sê Agri-Potchefstroom na skietvoorval op plaa
Loading player...
Veiligheidstrukture in die Potchefstroom-distrik in Noordwes is in plek en talle boere was vinnig op die toneel ,nadat 'n plaaslike melkboer, Hennie Niemand, deur 'n aanvaller op sy plaas in 'n skietery gewond is. Die aanvaller, is noodlottig gewond nadat Niemand teruggeskiet het. Dié skietovorval het Vrydagmiddag plaasgevind, terwyl Niemand se tweejarige dogtertjie en sy tienjarige nefie in sy bakkie was. Niemand is deur 'n plaaswerker ontbied wat elders op die palas was, nadat die aanvaller die plaaswerker gedwing het om Niemand te bel en hom daarheen te lok. Die plaaswerker het onder dwang vir Niemand gebel en gesê hy moet hom kom haal, omdat sy bakkie 'n pap band het. Rudi de Wet, veiligheidsverteenwoordiger van Agri-Potchefstroom, sê 'n klomp boere het van die voorval gehoor en hul na die toneel gehaas. OFM-nuus se Christal-lize Muller het met De Wet gepraat...