Potch-skietery: Dit was die 'aakligste oproep" ooit, sê slagoffer se pa

Loading player...
'n Potchefstroomse melkboer se noodoproep om hulp na sy pa, nadat hy gewond is deur 'n aanvaller op hul plaas, was vir sy pa die "aakligste oproep", wat hy nog ooit ontvang het. So sê Hannes Niemand, nadat sy 30-jarige gewonde seun Hennie, wat steeds in die Potchefstroom Mediclinic aansterk, hom Vrydagmiddag gebel het. 'n Skietery het plaasgevind, terwyl twee jong kinders in Hennie se bakkie was. Hennie is laatmiddag deur 'n 21-jarige man, Koane Potlaki, wat ook bekend staan as "Shorty" buite in die veld op hul plaas gewond. Hennie kon terugskiet. Die skietery het uitgebreek, nadat Potlaki 'n plaaswerker glo gedwing het om Hennie te ontbied na waar die plaaswerker by 'n kraal was waar hulle ultradrukbeweiding vir speenkalwers het. Hannes sê Potlaki het die bakkie van die plaaswerker se band geskiet en hom gedreig met sy lewe as hy nie sy werknemer ontbied nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Hannes gepraat...
24 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes