
Wynbedryf platgeslaan weens inperkingsregulasies al is drankverbod opgehef
Loading player...
Die situasie in die wynbedryf is in die stadium nie rooskleurig nie. Meer as 20 000 werksgeleenthede is verlore. Meer mense se lewens gaan ook negatief geraak gaan word weens die verbod op die handel van drank, wat in Maart vanjaar deur die regering as deel van die Covid-19-inperkingsregulasies, in plek gestel is. Dié verbod is intussen opgehef. Maryna Calow, kommunikasiebestuurder van Wines of South Africa, sê daar is 'n wynprodusente wat noodgedwonge hul plase nou sal moet verkoop. Daarmee saam is daar heelwat kelders wat ook hul deure in die komende ses tot 18 maande, sal moet sluit. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Calow gepraat...