
Rosynebedryf gaan van krag-tot-krag tydens #Covid19
Loading player...
Ekonomieë oor die wêreld heen lei steeds swaar onder die Covid-19-pandemie. Daar is egter goeie nuus uit die Noord-Kaap, wat die grootste rosynproduserende gebied in die land is. Dié bedryf gaan van krag-tot-krag met 'n toename in die vraag na dié heerlike gedroogte druiwe oor die wêreld heen. Ferdie Botha, algemene bestuurder van Raisens SA, sê tydens dié tydperk het verskepingsvolume op 'n jaar-tot-jaar grondslag na die plaaslike bedryf se grootste internasionale markte, 'n toename getoon. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...