
Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, gesels oor die jongste vleis- en graanpryse
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gee weer die jongste kommoditeitspryse. Volgens Van der Merwe het die gemiddelde slagprys ongeveer met 19% gestyg as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Meeste streekpryse van slaglammers het opwaarts gestyg. Wes-Vrystaatse pryse het die grootste dalings getoon. Aansienlik meer lammers is tans in die mark beskikbaar. Die verswakking van die wisselkoers het ‘n besliste invloed op pryse oor die algemeen.