Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Hy sê veerkragtige leiding as 'n post Covid-19-pandemie remedie is die antwoord, omdat die samelewing en die ekonomie sat is van die gevolge van die pandemie. Al hoe meer oproepe om te begin met die herskikking klink nou op. In baie gevalle is dit die laaste hulpkreet van ‘n ekonomiese drenkeling wie eenvoudig gaan verdrink in die see van skuld en gebrekkige vooruitsigte vir die herstel van die land. Daar is egter duidelike hulpkrete waarvan die appèlle op die staat gediversifiseerd, verdiepend en dringend is. Daarteenoor is daar ongelukkig ook bewyse dat beleidontwikkeling as teenvoeter vir die dilemma, ver agter tegnologiese ontwikkeling en innovasie is. Mense wat afhanklik is van regerings verwag van staatsorgane om meer innoverend te wees ten opsigte van hulle verantwoordelikhede. Hy sê so ontstaan daar ‘n gaping, want die nuwe normaal vereis veerkragtigheid om tydig te kan reageer en stel dit ook duidelik dat beleidontwikkeling nie net beperk hoef te word tot regerings nie. Nie-regerings instansies moet die taak kan uitvoer, maar ook toegelaat word om dan deel te neem. Die pandemie wys op die baie nadele as die staat hom sien en laat geld as die enigste skepper van beleid.
Hy sê dit maak 'n mens bang as daar gelees word van leiers in die regering wie hulle nou moet verontskuldig teen aanklagte van korrupsie, want die feit dat hulle verdink word, is aanduidig van die gebrek aan veerkragtigheid. Die impak van die pandemie kan dus baie langer neem om uitgewerk te word.​
12 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes