
Twee taakspanne fokus nou op landelike veiligheid
Loading player...
Twee onderskeie taakspanne,wat uit verteenwoordigers van Agri SA en die polisie bestaan, gaan hulle nou met die nodige erns toespits op landelike veiligheid. Dit kom na 'n suksesvolle vergadering tussen verteenwoordigers van dié landbouorganisasie en die polisie se topstruktuur, onder leiding van Moeketsi Sempe, afdelingskommissaris vir sigbare polisiëring, goed afgeloop het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Tommie Esterhuyse,voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike beveiliging, oor dié taakspanne gepraat...