
Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, gesels oor die jongste vleis- en graanpryse.
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gee weer die jongste kommoditeitspryse. Van der Merwe vergelyk ook die sywaartse beweging van gemiddelde slagpryse van verskillende provinsies en merk op dat van die pryse met 17% gestyg het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Van der Merwe noem ook dat Noord-Vrystaat se pryse die afgelope week gedaal het. Hy voorspel ook dat bokpryse opwaarts kan beweeg as gevolg van ‘n moontlike groter vraag tot in Oktober. Bokpryse het met byna 22% gestyg en graanpryse toon ook ‘n opwaartse kurwe.