
Eksteen Brand se weeklikse praatjie oor tegnologie en besparings vir landbouers.
Loading player...
Eksteen Brand is ‘n proses-tegnologie konsultant, wat sy kundigheid deel met landbouers. Vandag behandel hy verder die proses van kontaminasie in hidrouliese olie in sy reeks praatjies. Hy behandel ook die lewensverwagting van sekere implemente. Brand verduidelik die prosesse van hoe om kontaminasie te verhoed en gee ‘n uiteensetting van die stappe. Volgens hom moet olie nooit uit ‘n houer in stelsels gegooi word nie. Personeelopleiding is ‘n baie belangrike aspek en personeel moet aangemoedig word om gereeld ondersoek te doen van stelsels om lekkasies te identifiseer.