
OFM Business Hour - Ekonomiese herstel en korrupsie meng nie
Loading player...
Soos die totale getal corona-virus gevalle in Suid Afrika toeneem en so die ekonomie kniehalter, is daar nou 'n tweede gevaar en dit is korrupsie. Korrupsie word landswyd aangemeld, waar fondse wat vir pandemie-hulpverligting gebruik moet word andersins spandeer word of op produkte wat nie op standaard is nie spandeer word. Jacques van Wyk, van "JGL Forensic Services", verduidelik watse impak dit op die Suid Afrikaanse ekonomie het en brei uit oor die regering se plan om tenderbedrog en ander korrupsie uit te wis.