
Pieter Moller praat met ‘n bekende boer en sakeman van die Noordwes Provinsie
Loading player...
Johan van Rensburg, bekende sakeman van die ALS-groep en leierboer van die Noordwes Provinsie gesels vandag verder oor die belangrikheid van waardetoevoeging, veral in die wildbedryf. As gevolg van die internasionale verbod op reis, is die wildbedryf erg negatief geraak om finansieel te kan oorleef. Van Rensburg voel alternatiewe geleenthede moet ondersoek word. Wildsvleis, veral kwaliteit vleis direk op die winkelrakke, kan volgens hom ‘n alternatief bied.