
Moontlike verband tussen melk en borskanker
Loading player...
Volgens ‘n berig van Global News, het ‘n onlangse studie by die Universiteit van Alabama Birmingham, getoon dat vrouens wat gereeld melk drink, ‘n groter kans het om borskanker te ontwikkel. Die navorser, Prof Wendy Demark-Wahnefried, het egter beklemtoon dat dit slegs ‘n enkelstudie is en op waarnemings gegrond is. Al die byna 53 000 deelnemers aan die studie was aanvanklik kankervry, maar by afhandeling daarvan, was daar 1057 nuwe gevalle van borskanker. Daar word egter duidelik gemeld dat verdere navorsing nodig is om die waarnemings te bevestig.