Agri-Uur 31 Julie Frederik van Zyl

Loading player...
Brand-moord - Vaalhartsgemeenskap stuur boodskap uit van "genoeg is genoeg"
Gemeenskapslede van Magogong, Hartswater en Jan Kempdorp het Donderdag met die eerste hofverskyning van die vyf verdagtes, wat teregstaan op die ontvoering en moord van die Brand-gesinslede, Donderdag soos een man opgeruk om by dié hofverrigtinge protes aan te teken. Frederik Van Zyl, veiligheidsverteenwoordiger van die Vaalharts-landbouvereniging, sê tussen 200 en 300 mense het voor die hofverskyning in Vaalharts saamgekom en in 'n konvooi na die polisiekantoor en die landdros hof gery. Hulle het toe buite die hof saamgedrom en protes aangeteken teen die vrylating van dié verdagtes. Danie Brand en sy vrou Breggie en hul dogter Elzabie is Sondag in hul huis op 'n kleinhoewe by Hartswater aangeval en toe ontvoer. Elzabie se liggaam is Dinsdag in die vroeë oggendure in 'n veld naby Taung in Noordwes gevind, waarna haar ouers se lyke dieselfde dag 'n ent verder in dié bebosde gebied gekry is. Van Zyl sê dit was goed om te sien hoe die gemeenskap kan saamstaan. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
30 Jul 2020 6PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes