Agri-Uur 31 Julie Willem Lauwrens
Loading player...
Hartswater-gemeenskap geskok oor Brand-gesinslede se moord
Boere is geskok oor die wrede aanval en moord op die Noord-Kaapse bejaarde egpaar, Danie Brand, en sy vrou Breggie en hul dogter Elzabie, wat Sondag voormiddag glo nog op hul selfone beskikbaar was en toe ontvoer is. Die vermoorde gesinslede se liggame is Maandag in die Taung-gebied in Noordwes gevind. Willem Lauwrens, 'n boer van die Vaalhartsbesproeiingskema in die Noord-Kaap, sê die landbougemeenskap kan nie glo wat in hul midde gebeur het nie. Lauwrens het Donderdag in Hartswater die protesaksie deur die plaaslike gemeenskap wat boere en plaaswerkers insluit, bygewoon, Gemeenskapslede het vreedsaam buite die plaaslike landdroshof saamgetrek om hul misnoeë uit te spreek teen dié aanval. Hulle het ook geëis dat borgtog nie aan die vyf verdagtes, waaronder 'n vrou, toegestaan moet word nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Lauwrens gepraat...
(VIR DIE WEB: Hy sê 'n groot getal mense het ter ondersteuning van die protesaksie opgedaag. Die gemeenskap is platgeslaan en geskok oor die voorval, maar " dinge moet loop soos dit moet loop." Lauwrens sê boere is ongelukkig oor dié dinge en dat daar nie genoeg gedoen word vir hulle in terme van veiligheid nie.
Hy sê plaaswerkers was ook deel van die konvooi wat na die landdroshof gery het en buite die hof byeen was. Sy boodskap aan medeboere is om meer paraat te wees, want gemeenskapveiligheid moet opgeskerp word om aanvalle op plase en kleinhoewes te voorkom.