
Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, gesels oor die vraag en aanbod vir groente-, vrugte-, graan en vleispryse
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, vergelyk vandag die verskillende vleispryse. Van der Merwe vergelyk ook die sywaartse beweging van slagpryse van verskillende provinsies en streke. Van der Merwe verwag dat skaappryse dalk in Augustus ‘n afwaartse prysdaling kan beleef met meer skape in die mark. Hy voorspel ook dat bokpryse opwaarts kan beweeg as gevolg van ‘n moontlike groter vraag tot in Oktober. Die goeie opbrengste vir graanpryse is verblydend, maar swakker pryse weens die swak wisselkoers bly ‘n probleem.