
AfriForum ondersteun soektog na Hartswater-verdagtes
Loading player...
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, se Hartswater- en Vrybrug-buurtwagte het die polisie en ander gemeenskapsveiligheidstrukture Maandagaand ondersteun in 'n soektog na Danie Brand, sy vrou, Breggie en hul dogter Elzabie. Hulle is Sondag op 'n kleinhoewe in die Magogong-gebied by Hartswater in die Noord-Kaap aangeval ontvoer. Hoewel daar eers Maandag op die moordtoneel afgekom is, dui alle indikasies daarop dat dié aanval reeds Sondag plaasgevind het. In 'n verklaring sê AfriForum sy Harswater-buurtwag het Maandag omstreeks 23:00 'n verdagte voertuig op die pad opgemerk en dit by die nasionale beheeerkamer aangemeld. Die polisie het vasgestel die nommerplate van die voertuig is vervals. Die verdagtes wat in hegtenis geneem is het die ligging van een van die slagoffers daarna uitgewys. 'n Hommeltuig is deur die Vryburg-buurtwag gebruik om met die soektog na help. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het gisteroggend vroeg met Marius Muller, AfriForum se nasionale operasionele koördineerder gepraat, wat in daardie stadium slegs kon bevestig dat 'n liggaam van een van die slagoffers gevind is...