
Landbou-ekonoom, dr Frikkie Mare, gesels vandag oor fisiese leweringskontrakte
Loading player...
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor fisiese leweringskontrakte. In graanmarkte en die –bedryf, is dit ‘n redelike algemene metode van sake doen, maar in die veebedryf is dit totaal nuut. Volgens Mare is die kontrakte wat wel bestaan, baie beperk, hoewel voerkrale graag vaste volumes sal wil ooreenkom met produsente. ‘n Lewendige produk verskil heeltemal van graangewasse, daarom glo Mare dat meer kontraktuele ooreenkomste tussen partye in die veebedryf, kan lei tot verskansing van prys in die tokoems.