Agri-Uur 28 Julie dr. Dirk Strydom - Nampo
Loading player...
Reëlings vorder goed vir virtuele aanbieding van Nampo
Reëlings vir Graan SA (GSA) se gewilde Nampo-oesdag, wat vanjaar virtueel aangebied word, vorder goed. So sê dr. Dirk Strydom, 'n senior landbou-ekonoom en bestuurder van ekonomie en bemarking by GSA, nadat die fisiese aanbieding van die 54ste Nampo-oesdag vanjaar by Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat gekanselleer is. Die virtuele aanbieding daarvam vind egter op 9 tot 12 September, vanjaar plaas. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Strydom gepraat...
(VIR DIE WEB: Hy sê dit was 'n ongelukkige scenario om die oesdag vanjaar weens die Covid-19-pandemie en regulasies wat die samekoms van 'n groot getal mense verbied, te kanselleer. Die risiko was te groot en daarom moes GSA soos produsente aanpassings maak om in uitdagende toestande voort te gaan. Die Nampo-oesdag was nog altyd 'n sakeplatform, waar produsente toegang verkry het tot handelaars en die pesiale aanbiedinge wat hulle bied. Dit was ook 'n goeie geleentheid om aan die nuutste tegnologie in die wêreld bekend gestel te word. Die goeie nuus is dat hoewel dit nie fisies op Nampopark gaan plaasvind nie, gaan dit aanlyn op dieselfde grondslag gedoen kan word.