
PM berig vandag oor jagluiperds en olifante in Namibie.
Loading player...
Agriforum Namibian Agriculture berig dat jagluiperds se laaste hoop op oorlewing in die hande van boere is, veral in die Sentraal- en Oostelike streke van die land. Dr Joerg Melzheimer is ‘n bekende en toonaangewende ekoloog in Duitsland en het hierdie waardevolle navorsing onder die nagenoeg 1500 jagluiperds gedoen, wat nog in die land oor is. Dan berig Reuters ook oor tien olifante wat onlangs uitgekot is, nadat hulle groot skade aan oeste en gewasse aangerig het en menselewens bedreig het in die noorde van die land.