Agri Uur 27 Julie Annette Steyn DA
Loading player...
Auditeur-generaal moet nou R1,2 miljard se regeringsdroogtehulp ondersoek
Die DA het aangeklop by die ouditeur-generaal met betrekking tot vorige droogtehulp vanaf die regering, wat in die 2018/19 boekjaar beskikbaar gestel is. Dié politieke party se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Annette Steyn, sê daar is R6 miljard in daardie stadium toegeken. Daarvan was sowat R1,2 miljard aan landbou vir droogtehulp, maar dit is nie op grondvlak versprei nie. Dit kom nadat die regering se nasionale rampbestuursentrum onder hewige kritiek deuroop rakende sy besluit om die klassifikasie van droogte as 'n nasionale ramp te herroep. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Steyn gepraat...
(VIR DIE WEB: Steyn sê 'n brief in dié verband is nou aan die ouditeur-generaal gerig om ondersoek in te stel. Sy is van mening dat selfs die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, is bewus daarvan dat geld wat beskikbaar gestel word aan die regering nie gemeenskappe in dié bedryf op grondvlak bereik nie. "Ek dink dit is waarom sy (Didiza) die hele onderwerp in die stadium vermei."