Agri Uur 27 Julie Andrea Campher
Loading player...
#Agri SA wil kosnood verlig met R1 miljard-inisiatief
Die Covid-19-pandemie se impak op Suid-Afrika se ekonomie het 'n groot kosnood tot gevolg.Sedert die begin van die nasionale inperkingstydperk het mense wat aangedui het dat hul hongersnood ervaar van 4,3% tot 7,0% toegeneem. Kosnood is 'n werklikheid in Suid-Afrika en daarom het Agri SA in samewerking met sy provinsiale affiliate, wat boere en korporatiewe instansies insluit, al R100 miljoen se hulp aan honger mense, verleen. Dit is sedert die inperkingsregulasies in plek is. Dié bestaande hulp word deur dié organisasie se surplushulpveldtog, moontlik gemaak, maar dit word nou verder geneem met Agri SA se R1 miljard kosinisiatief. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Agri SA se ramprisikobestuurder, Andrea Campher hieroor gepraat...