Agri-Uur 24 Julie Annette Steyn

Loading player...
#DA Landbou het nie 'n plan in plek, daarom die groot begrotingsbesnoeiing
Die DA het sy kommer uitgespreek oor die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, se aanpassingsbegroting. Dit kom nadat die totale begroting van die departement vir dié boekjaar met R2,39 miljard vanaf die oorspronklike bedrag van R16,8 miljard tot R14,4 miljard verminder is. Die Covid-19-pandemie se impak het grotendeels tot dié afskaling bygedra. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê dit is duidelik dat die departement nie 'n plan het om landbou vorentoe te neem nie. Daarom het landbou 'n groot begrotingsbesnoeiing gehad. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...
Steyn sê die DA is van mening dat dié departement nie genoeg doen om dit wat die belangrikste is in terme van voedselsekerheid in die land aan die gang te hou nie. As sy die minister van finansies was sou sy ook nie meer geld aan die departement van landbou toegedien het vir sy begroting nie, juis omdat die departement nie 'n voldoende plan in plek het nie om landbou vorentoe te neem nie.
23 Jul 2020 12PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes