Agri-Uur 23 Julie Zarlus Strydom
Loading player...
Talle in landbou- en regskringe betuig medelye met die afsterwe 'n leierboer en 'n veelsydige advokaat van Vryburg in Noordwes. Kammie Strydom is Maandag in die ouderdom van 72 in die Life Anncron-hospitaal in Klerksdorp in Noordwes weens Covid-19 oorlede. Sy seun Zarlus, sê sy pa het gesukkel met sy longe en het verlede jaar ook varkgriep opgedoen. Hy sou eerskomende Dinsdag 73 geword het. Kammie het nie slegs diep spore in Noordwes maar ook in sy jonger jare in die Vrystaat getrap. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Zarlus gepraat...
(VIR DIE WEB: Hy sê sy pa, wat aan aan Grey-kollege Sekondêr gematrikuleer het en sy LLB-graad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf het, het nadat hy tot die balie toegelaat is en in Bloemfontein gebly het besluit om te gaan boer. Hy het in die jare tagtig na Vryburg verhuis om saam met Zarlus se oupa, Frik, te boer. Zarlus sê sy pa het daarna sy eie plaas met die hulp van sy oupa gekoop. Sy pa was baie betrokke by georganiseerde landbou en was destyds onder meer 'n lid van die landbouwerkgewersorganisasie en was ook op die direksie van Suidwes Landbou gewees.
Zarlus vertel sy pa het 'n verskeidenheid gewasse geproduseer, waarvan die grootste mielies was. Hy het grondbone op droëlanderye en saadmielies onder besproeiing aangeplant. Hy het ook paprika en aartappels aangeplant en het ook 'n veevertakking gehad. Kammie was trots op sy Santa Gertruda-stoet en het ook 'n kommeriële skaapkudde gehad.