Agri-Uur 23 Julie Kobus Laubscher
Loading player...
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
EN… Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.
(VIR DIE WEB: Hy praat oor die impak van die uitgerekte droogte in sekere dele van die land wat teen die voortydige opheffing van die noodtoestand van droogte skrei. Dit laat talle vrae onbeantwoord. Amptelike kommentare van die betrokke departement vergelyk met die veraf dreun van die weer, maar met die wind wat wes waai, weet die boer dis neusie verby wat daardie weer aanbetref. Daar was voldoende en selfs oorvloedige reën in groot dele van die land, ,maar kritiek min in baie dele.
Daar word berig van 'n plaas in die Kalahari met slegs 6mm reën in die meter aan die einde van die seisoen, maar dié werklikheid kan nie vertaal word in ‘n taal wat saak maak vir die lydendes nie. Die eerste vraag wat opkom, is of daar werklik erns was met die afkondiging van die noodtoestand.
Die opvolgvraag het te doen met die omvang van die hulp wat aangebied is en dan kom 'n mens by die kommer oor waar die min geld heen is as die restant van nood dan eintlik onberekenbaar bly.
‘n Verdere vraag is of die betrokke amptenare regtig op hoogte is van sake? Dit klink nie so nie, want hoekom is daar nie agitasie vanuit staatsgeledere, van amptenare wie die betrokke boere in die oë moet kyk wanneer daar aangeklop word om hulp nie.