Drankverbod weens #Covid19 raak graanprodusente negatief, dilemma wag

Loading player...
Die gevolge van die regering se jongste verbod op die handel van drank te midde van die Covid-19-pandemie, is groot op die landboubedryf en die waardeketting in geheel. Dit is volgens dr. Dirk Strydom, hoof van graan ekonomie en bemarking by Graan SA (GSA), wat meen dit het 'n impak op produkte wat gedistiller en verwerk word. Hy sê dit sluit in druiwe, sekere grane en selfs aartappels. Die verbod het met betrekking tot graangewasse 'n invloed op die vermoutingsproses. Veral gars en sorghum word geraak. Weens die verbod kan vermouting nie plaasvind nie, en gars kan nie opgeneem word nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom Strydom gepraat...
21 Jul 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes