
Landbou-ekonoom, dr Frikkie Mare, gesels vandag oor die skielike stygings in vleispryse
Loading player...
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor die skielike stygings in vleispryse. Mare voel die vleispryse het egter te vining en te skerp gestyg. Hy gee ook die tendense van kleinhandelpryse weer en volgens hom, is die pryse nie volhoubaar nie. Hy verwag verder ‘n moontlike terugsak van produsentepryse. Mare beveel aan dat as jy as boer lammers het wat slag- en markgereed is, kan dit goed wees as dit binne die volgende week of twee slagpale toe gaan terwyl die pryse nog hoog is.