
Hans-Jurie Moolman gesels oor ‘n omstrede kwessie van polisie-optrede tydens die tydperk van inperking
Loading player...
Hans-Jurie Moolman, is ‘n bekende in regskringe wat veral spesialiseer in grondsake en dit wat daarmee gepaardgaan. Vandag behandel hy die kwessie van polisie-optrede in situasies van misdaad. Moolman verduidelik dat sekere optredes van die Polisie soms gekritiseer word, veral waar hul gebrek aan optrede in sekere landelike gebied tot omstredenheid gelei het. Hy verwys veral na gebrekkige optrede tydens onwettige besettings en dat, volgens hom, daar selfs gevalle kan voorkom van groot siviele eise teen die polisie.