
Agri Uur 20 Julie Rene van der Westhuizen
Loading player...
Grainfield Chickens by Reitz in die Oos-Vrystaat (GFC) het die gesogte 20 Keys-internasionale eerbewys vir uitnemendheid ontvang. Dié gevestigde pluimvee-abbatoir neem nou leiding ten opsigte van die verbetering van sy gehalte. René van der Westhuizen, 'n bedryfsingenieur by GFC, wat in 2010 onder leiding van die eeue-oue onderneming VKB gevorm is, sê dit is 'n stelsel vir aaneenlopende bedryfverbetering deur die betrokkenheid van almal in 'n organisasie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...