
Dr Johnny van der Merwe gesels nou oor die jongste vleisprys
Loading player...
Die bekende landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gesels vandeesweek oor die jongste vleispryse. Volgens Van der Merwe het die groot opwaartse beweging van speenkalfpryse veroorsaak dat voerkraalpryse ook die hoogte ingeskiet het. Slagpryse het egter sywaarts beweeg. Hy noem dat Wes-Kaap se pryse tans beter vertoon en dat die vraag daar sterk bly. Volgens Van der Merwe is daar tans baie skaapvleis in die mark en kalfpryse mag binnekort negatief reageer. Hy voorspel ook dat uitvoermarkte mag dalk verhoogde pryse kry binnekort.