
Nóg boere moet baat by Covid-19-regeringshulp
Loading player...
Boere en veral kleinboere in die Noord-Kaap wend hulle nou na die DA om hul nood te beklemtoon en 'n hulpkreet na die department van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling uit te stuur. Dit om hulp van die regering te bekom en voordeel te trek uit die landboudepartement se Covid-19-hulpfonds. Bykans 80% van dié boere in die Noord-Kaap, wat aansoek gedoen het, daarvoor, was onsuksesvol gewees. Daarom plaas die DA in die Noord-Kaap nou volgehoue druk op die regering op nasionale sowel as provinsiale vlak om aan dié boere, wat onsuksesvol was, 'n kans te gee om weer aansoek te doen. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, gepraat...