Reën in die Namakwaland help baie, maar droogte in die Noord-Kaap steeds nie gebreek

Loading player...
Daar is groot dankbaarheid oor welkome reën wat die afgelope naweek in talle winterreënvalgebiede asook in enkele somerreënvalgebiede van die Noord-Kaap verligting gebring het. 'n Koufront het die naweek deur die Wes- en Noord-Kaap beweeg en goeie reën het in verskeie droogtegeteisterde gebiede veral in die Noord-Kaap voorgekom. Dié kouefront het nou ook 'n stewige greep in die grootste gedeelte van die sentrale binneland met ysige toestande wat voorkom. Boere in die droogtegebiede van die Noord-Kaap is vol hoop dat dié kouefront wat bibberweer veroorsaak ook nógoeie reën tot gevolg sal hê. Danie Jacobs, Agri Namakwaland se voorsitter, sê daar is groot dankbaarheid vir die afgelope naweek se reën. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
14 Jul 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes