
Landbou-ekonoom, dr Frikkie Mare, gesels vandag oor selfonderhoudende landbou
Loading player...
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor die landbousektor in Suid-Afrika se selfonderhoudenheid. Volgens Mare het die tye verander in die laaste dekades, aangesien plaaseienaars vroeer vir hulself gesorg het in terme van basiese voedselbenodigdhede met die broodwinner of pa wat in die lande was en die moederfiguur wat in die kombuis allerhande voedselprodukte voorberei het. Deesdae is die rolle totaal anders en moet landbouers groter stukke grond bewerk, terwyl sy vrou die finansiele aspekte van die plaas hanteer en kinders in koshuise, gewoonlik op die naasste dorp, is. Volgens Mare is Suid-Afrika selfvoorsienend en dink hy nie noodwendig dat ons land sal terugkeer na die tye van vroeer nie en gee hy die redes daarvoor.